Lukas Petrus Johannes Swart is in 1958 gebore. Hy voltooi sy skoolloop- baan aan die Hoërskool Aliwal-Noord. Na sy militêre diensplig, behaal hy die grade B.Juris LL.B aan die Universiteit van Port Elizabeth (1979 - 1983).

Hy dien sy leerklerkskap uit by die firma Ian van Rooyen en Matthee in Durban (1984 - 1985), waarna hy na die Kaap verhuis. Hy werk eers as professionele assistent by Johan Swart in Bellville, and later by Pincus Matz Marquard Hugo-Hamman in Claremont. In 1989 sluit hy aan by die firma S.G.Hoffman en Van Tonder in die Paarl, waar hy later 'n vennoot word in die firma, wat toe bekend gestaan het as S.G.Hoffman, Swart en Meyer. Hy begin daarna sy eie firma, PETER SWART PROKUREUR / ATTORNEY in 1996.

Peter's is 'n Rotariër by die Rotary Klub van die Paarl. Hy was 'n stigterslid van die Paarl Toastmasters Klub, en hy het gedien as lid van die beheer- liggaam van Hoër Meisieskool, Paarl. Hy het ook as voorsitter gedien van Paarl Tafelronde 44, die Paarl Polisieforum, en die Paarlse Prokureurs- vereniging. Hy doen gereeld diens as Kommissaris van die Hof vir Klein Eise. Hy is getroud met Camilla, en hulle het twee dogters. Sy ander belange sluit in die vervaardiging van olyftapenade (sien
www.blackpearlolives.co.za). 

Kopiereg: PETER SWART Prokureur / Attorney 2013 

           Profiel             

 

 

Make a free website with Yola